Opposisiepartye het in ‘n uiters-ongewone stap, kragte saamgesnoer in ‘n poging om te verseker dat president Cyril Ramaphosa verantwoordbaar vir sy beweerde rol in die Phala Phala-aangeleentheid gehou word. Die partye het Woensdagaand luidens ‘n verklaring, wat op ‘n EFF-briefhoof uitgereik is, gesê hulle stem ooreen dat die president dringend verantwoordbaar gehou moet word, en dat geen vertragings, afleidings en gesloer geduld moet word nie. Dié verklaring volg na ‘n vergadering tussen opposisiepartye wat Woensdag gehou is. Die partye wat saamstaan is die DA, EFF, IFP, NFP, ATM, UDM en ACDP. Die partye het op ‘n aantal beginsels ooreengekom in ‘n poging om die “grondwetlike demokrasie” te beskerm. Die partye hou Woensdag ‘n opvolgvergadering oor strategiese beplanning vir ‘n mosie van wantroue in Ramaphosa.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×