Oproeriges van die Maketlaketla-woonbuurt by Winburg in die Vrystaat het die ryvlak van die N1 hier tot so ‘n mate beskadig dat sommige van die bane eers teen Vrydag weer vir verkeer oopgestel is. Die Volksblad berig, sedert Woensdagaand is ‘n vragmotor uitgebrand, is verskeie voertuie – waaronder dié van die polisie – met klippe bestook en is die winkels van buitelanders geplunder. Die geweldpleging spruit uit ‘n hofbevel wat die Masilonyana-munisipaliteit bekom het, teen grondbesetters wat glo op munisipale grond plak. Die polisie moes skokgranate en rubberkoeëls gebruik om die geweldpleging stop te sit. Ses mense is in verband met die geweldpleging in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×