Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika werk saam met bedryfsvennote om ‘n moontlike tekort aan vliegtuigbrandstof by OR Tambo Internasionale Lughawe aan te spreek.

Dit volg ná ‘n brand by die Natref-raffinadery verlede week. BusinessTech berig die voorval, wat die distillasie-eenheid beskadig het, wek kommer oor die handhawing van ‘n bestendige brandstoftoevoer na een van Afrika se besigste lughawens.

Geskeduleerde brandstofaflewerings en verhoogde spoorvervoer vanaf Durban en Matola in Mosambiek is van die maatreëls wat geprioritiseer word. Dié lughawensmaatskappy het belanghebbendes gerusgestel dat hy tans genoeg vliegtuigbrandstof reserwes tot Maandag volgende week het.

Met die verwagte gaping tussen 20 Januarie en die verwagte pyplynlewering op 27 Januarie, is samewerkingspogings egter in volle swang om ontwrigtings te voorkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×