’n Egpaar van Orania is dood in ’n moord-selfmoordvoorval.

Volgens The South African het Danie van der Westhuizen glo sy vervreemde vrou, Marlette, vermoor voordat hy selfmoord gepleeg het.

Die tragedie het verlede week in die teenwoordigheid van hul 12-jarige dogter plaasgevind.

Sy het die voorval oorleef.

Orania se gemeenskap, maatskaplike dienste en plaaslike inwoners het vinnig opgetree om die dogter by te staan.

In ’n verklaring het die dorp sy hartseer uitgespreek en gesê hulle vertrou op God vir vertroosting.

Luidens Netwerk24 ondersoek die polisie van Hopetown die voorval.

error: Inhoud is beskerm !!