Orania se Pretoria-kantoor is die week tydens ‘n geselligheid by die Sol-Tech kampus bekendgestel. Frans de Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Ontwikkelingsmaatskappy, of OOM, sê die kantoor sal fokus op beleggingsmoontlikhede vir sakemanne wat hul belange na Orania wil uitbrei.

De Klerk sê die kantoor sal ook mense bystaan wat hulle in Orania wil vestig om vry, veilig en voorspoedig te kan leef. Hy het bygevoeg die groei en uitbreiding wat Orania die afgelope tyd beleef, het Orania genoop om ‘n skakelbeampte in Pretoria aan te stel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×