Die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein het haar geliefde oudhoof, Juffrou Spies, se as Donderdag na afloop van ‘n troosdiens in ‘n nissie in die skool se gedenkmuur geplaas. Rosestad-nuus het vroeër berig juffrou ML Spies is op 25 Augustus in die ouderdom van 106 jaar in die Strand in die Wes-Kaap oorlede. Ten tyde van haar dood was sy die skool se enigste oorlewende skoolhoof. Nog ‘n oudhoof, Mariehetta Matthee, se as is in ‘n nissie langs dié van Juffrou Spies. Matthee is in Augustus 2021 oorlede en was vir drie dekades aan die skool verbonde. Oranje se skoolhoof, Anne-Marie Klink, het aan Die Volksblad gesê dit is spesiaal dat dié twee oudhoofde se nisse by die skool is. Sy het gesê dit is regtig kosbaar dat hulle kan terugkeer na waar hulle diep spore getrap het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×