Orkaan Milton aan die Suidkus van die VSA het vinnig verskerp in ‘n uiters gevaarlike kategorie vyf storm terwyl dit sy pad na die Amerikaanse deelstaat Florida skeur.
Dit het winde van tot 285 kilometer per uur gehaal terwyl dit langs die noordelike rand van Mexiko se Yucatan-skiereiland loop.
Weervoorspellers waarsku teen potensieel katastrofiese stormvloede langs kusgebiede.
Die storm sal na verwagting Woensdag die digbevolkte stad Tampabaai met volle krag tref.
Waarskuwings oor orkaan Milton kom net 10 dae nadat orkaan Helene, die dodelikste storm op die vasteland sedert Katrina in 2005, die VSA suidoos getref het en minstens 225 mense oorlede is.