Die gewese paralimpiese atleet, Oscar Pistorius sal na verwagting net meer as ‘n week hoor wanneer hy as ‘n vry man by die tronk kan uitstap. Pistorius se regsverteenwoordiger het aan Netwerk 24 bevestig Pistorius se paroolsitting word op Vrydag 24 November gehou. Dit is twee dae na sy 37ste verjaarsdag op 22 November. Dit sal ook die laaste verjaarsdag sonder sy familie wees nadat hy ‘n vonnis van 13 jaar en vyf maande in die Atteridgeville tronk moes deurbring. Pistorius moes hom tot die hoogste hof wend om in aanmerking kom vir parool omdat hy reeds in Maart vanjaar sy minimum vonnistydperk uitgedien het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×