Indien die paroolraad vandag beslis parool word aan die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius toegeken, kan hy die naweek al ‘n vry man wees. Pistorius het reeds meer as die helfte van sy vonnis uitgedien weens die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, in 2013. Steenkamp se ma, June, het die paroolraad se verhoor vandag bygewoon en sou vir Pistorius die eerste keer sedert 2016 sien, maar hy was nie teenwoordig nie. June Steenkamp en haar man, Barry het aangevoer dat Pistorius nie parool toegestaan moet word nie omdat hy nie gerehabiliteer is nie. Sy het ook gesê Pistorius het nie die waarheid tydens sy verhoor vertel nie. Die bekende strafreg-prokureur, Ulrich Roux, het aan Netwerk 24 gesê die kanse dat Pistorius parool toegestaan kan word, is vyftig-vyftig. Die uitspraak van die paroolverhoor word vandag verwag.
