Oscar Pistorius kan moontlik binne die volgende week uit die tronk vrygelaat word.
Dit is nou net meer as tien jaar, sedert hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, in die vroeë oggendure van 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.
Maroela Media berig Pistorius se paroolverhoor vind môre plaas.
Reeva se ma, June, gaan volgens Tania Koen, regsverteenwoordiger van Reeva se ouers, die verhoor bywoon om vertoë te rig.
Die vertoë sal June, sowel as haar man Barry, se slagoffer-impakverslae insluit.
Die parool-direksie sal moet bepaal of die eertydse Paralimtiese sportheld se tronkstraf sy doel gedien het.
Pistorius, wat nou 36 is, het reeds meer as die helfte van sy vonnis van 13 jaar tronkstraf uitgedien.
Pistorius ontken steeds dat hy Reeva doelbewus om die lewe gebring het, en hou vol dat hy haar daardie nag vir ’n inbreker aangesien het.