Die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, is steeds agter tralies, terwyl hy eintlik ses maande gelede al vir parool aansoek kon doen.

Parool is nie in Maart vanjaar aan Oscar Pistorius toegestaan nie, aangesien hy volgens die besluitnemers nog nie teen daardie tyd die helfte van sy vonnis uitgedien het nie.

Owerhede het egter nou erken dat vorige besluite verkeerd was.

Nadat Pistorius sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het, was die wêreld se aandag op die voormalige paralimpiese atleet se hofsaak vasgenael.

Daar woed lank reeds ‘n herrie oor Pistorius se parool, en dit blyk of Suid-Afrika se regstelsel en sy korrektiewe dienste die land sy kop n skaamte laat sak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×