Die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, dring daarop aan dat die Konstitusionele Hof die sogenaamde “Babelse verwarring” oor sy vonnis, moet uitstryk.
Dít sodat hy vir parool in aanmerking kan kom.
News24 berig die voormalige Paralimpiese atleet sê die Appèlhof het totale verwarring geskep oor die datum waarop hy amptelik sy vonnis begin uitdien het.
Volgens Pistorius kwalifiseer hy lank reeds vir parool.
Hy het tereggestaan vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013.
Sy was agter ‘n toe deur toe sy doodgeskiet is.
Pistorius hou vol dat hy gedink het dit was ‘n inbreker.