Die voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, se paroolverhoor sal na verwagting op 31 Maart plaasvind. Julian Knight, Pistorius se regsverteenwoordiger, het aan Netwerk 24 die paroolverhoor bevestig.

Hy het nie verder inligting gegee nie.

Intussen het Tania Koen namens die familie van Reeva Steenkamp bevestig die paroolraad het vir die Steenkamps kennis gegee van ‘n datum waarop die paroolsitting gaan plaasvind ingevolge paroolwetgewing.

Koen sê Pistorius is soos enige ander oortreder geregtig op parool nadat ‘n sekere deel van ‘n vonnis uitgedien is.

Barry Steenkamp het Pistorius in Junie verlede jaar van aangesig tot aangesig gesien in die St Albans gevangenis in Gqeberha. June Steenkamp, het nie kans gesien om met Pistorius te praat nie.

Reeva Steenkamp is op 14 Februarie 2013 deur Pistorius doodgeskiet in sy badkamer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×