Die konstitusionele hof moet nou besluit of die eertydse Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, inderdaad reeds op 12 Maart vanjaar vir parool aansoek kon doen.
Aangesien die respondente – wie ook Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste insluit – nie die lemnaeler se aansoek teenstaan nie, berus die besluit nou in die hande van die konstitusionele hof.
Die grondwetkenner, professor Pierre de Vos het aan netwerk24 gesê dit beteken hoegenaamd nie dat dié hof sal bepaal of Oscar op parool vrygelaat kan word nie.
Die konstitusionele hof se werk is bloot om te bepaal of Pistorius se regte geskend is, toe hy nie in Maart vir parool oorweeg is nie.
Pistorius het tereg gestaan vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013.
Hy is aanvanklik skuldig bevind aan strafbare manslag, maar nadat die staat appel aangeteken het, aan moord skuldig bevind.