Die Oscar-bekroonde akteur, Cuba Gooding Jr, is Woensdag deur twee vroue gedagvaar vir seksuele aanranding wat tot strafregtelike vervolging gelei het. Die akteur het skuld beken maar geen tronkstraf is teen hom opgelê nie. ‘n Siviele hofsaak is dadelik in New York ingedien deur die twee klaers. Jasmine Abbay beweer Gooding het haar in September 2018 sonder haar toestemming gesoen by ‘n nagklub waar sy as kelnerin gewerk het. Die ander eiser, Kelsey Harbert, beskuldig Gooding dat hy haar in Junie 2019 betas het. Die klaers se prokureurs het gesê hulle soek nou geregtigheid in hul siviele sake. Hulle eis ook ongespesifiseerde skadevergoeding. Gooding het in 2013 buite die hof geskik nadat ‘n eiser hom van verkragting beskuldig het. Gooding het in 1997 ‘n Oscar gewen as beste byspeler in Jerry Maguire. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×