Oud-Bloemfonteiner en bekende ontwikkelaar is Maandag in die Mediclinic George aan Covid-19 oorlede

 Oud-Bloemfonteiner en bekende ontwikkelaar is Maandag in die Mediclinic George aan Covid-19 oorlede

Foto: Netwerk24

Phanus Zondagh, ‘n oud-Bloemfonteiner en bekende ontwikkelaar is Maandag in die Mediclinic George aan Covid-19 oorlede.
Netwerk24 berig dat Zondagh wat deel was van die SCZ Eiendomme onderneming, betrokke was by die ontwikkeling van plekke soos die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein, Oubos-landgoed, Protea Hotel Willow Lake asook die studenteontwikkeling op die ou Britz-woonwapark.
Luidens die berig is minstens 6 familielede, wat die feestyd saam in Glentana in die Wes-Kaap deurgebring het, ook positief getoets vir die virus.
Sy seun, Stephan, het gesê dat hy, sy vrou en een van sy kinders was ook geweldig siek weens Covid-19
maar is nou weer gesond.
Hy sê verder sy ma sterk goed aan nadat sy ook die virus opgedoen het.

LeandreAdmin@