‘n Oud-Bloemfonteiner wat in die VSA woon en werk is per ongeluk doodgeskiet toe hy en sy huismaat ‘n geweer skoongemaak het. Die 23-jarige Charl Hertzog is Maandagaand in sy huis in Louisville dood verklaar toe sy huismaat, die 20-jarige James Small hom geskiet het. Hertzog en twee van sy vriende het in die huis gesit en gesels toe die skoot afgaan, het Albert Hertzog, sy pa, vanuit die VSA aan Netwerk 24 vertel. Die ander vriend het vertel dit was ‘n ongeluk. Albert Hertzog, sy seun en Small het die afgelope ses maande in die huis gewoon. Small het homself aan die polisie oorgegee. Hy het aan die polisie erken hy het weggehardloop en dagga en alkohol voor die voorval gebruik. Die Hertzog-familie het in 2017 na die VSA verhuis. Charl Hertzog is ‘n oud-leerling van Grey-kollege.
