Die 93-jarige Jo Hartman, ‘n oud-onderwyseres wat nou in George bly, is Saterdag dood nadat sy en haar dogter en twee vriende by Leentjiesklip by Wildernis na die spinggety gaan kyk het. Die reuse branders het glo in ‘n oomblik oor die parkeerterrein en die mense en voertuie gespoel. Hartman het ‘n kopbesering opgedoen en gekla sy kry nie asem nie. Sy is minute later oppad hospitaal toe oorlede. Hartman was vir dekades ‘n wiskunde onderwyseres by die Hoërskool Sentraal. Netwerk 24 berig groot skade is by Bikini Beach in Gordonsbaai, Stilbaai, Herholdtsbaai en Victoriabaai aangerig. Skade is tot by Gqeberha aangerig met motors wat die see ingetrek en deur die krag van die water opgefrommel is.