‘n Dagvaarding kan binnekort op die afgetrede polisie-brigadier Jap Burger, beteken word.
Burger het reeds herhaalde kere verskoning gemaak om met die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, of Skoor, te vergader.
Skoor wil Burger sien oor dit wat hy mag weet rakende die bewerings wat die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, oor korrupsie, bedrog en ander misdaad by Eskom gemaak het.
Netwerk24 berig Skoor, het vroeër vandag, na ‘n baie kort vergadering, die besluit geneem dat Burger gedagvaar moet word om op 15 November voor die komitee te verskyn.