Die voormalige president Jacob Zuma en staatsadvokaat, Billy Downer, sal vandag weer in die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal teen mekaar te staan kom. Dít terwyl die wapentransaksie-korrupsiesaak hervat word. Die hof sal vandag ‘n tweede bod van Zuma aanhoor wat daarop gemik is om Downer, wat die vervolging lei, uit die saak te verwyder. Zuma het in Mei 2021 ‘n spesiale pleidooi geopper wat Downer se titel om te vervolg, uitdaag, wat uiteindelik van die hand gewys is. Hy het nou weer ‘n aansoek gebring om die gesoute staatsadvokaat se verwydering.