Oud pres Jacob Zuma het tydens ‘n byeenkoms van sy nuwe party, Umkhonto weSizwe, of MK, gesê tiener ouers moet in ballingskap gaan. IOL berig Zuma het tydens ‘n byeenkoms in Maqongqo in KwaZulu-Natal, gesê die MK party sal ‘n universiteit vir tiener ma’s op Robben Eiland bou om hulle studies te voltooi.
Hy het gesê volgens wet mag ‘n kind nie geboorte skenk aan ‘n kind nie. Dit is ‘n siekte wat hy wil eindig. Zuma het dit gesê na aanleiding van statistieke dat ongeveer 90-duisend tiener dogters verlede jaar swanger geraak het. Zuma het gesê die meisies moet egter klaar studeer sodat hulle ‘n bydrae tot die ekonomie van die land kan maak. Zuma het verder belowe sy party sal gratis onderwys verskaf, en dat lyfstraf teruggebring moet word. Jong mans wat matriek voltooi, sal ook ‘n jaar basiese militêre opeiding ondergaan sodat hulle die land kan verdedig.