Oud-President Jacob Zuma is terug na sy besoek aan Rusland waar hy die afgelope paar weke mediese behandeling ontvang het. Dit is volgens die Jacob G. Zuma Stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi. Manyi het aan Netwerk 24 gesê Zuma sal Vrydag in die hooggeregshof wees vir die saak waarin hy advokaat Billy Downer, die staatsaanklaer in sy korrupsie saak en die News 24-joernalis Karyn Maughan, privaat laat vervolg. Zuma en alle belanghebbende partye in die aangeleentheid oor sy parool en of hy moet teruggaan tronk toe al dan nie, se betoë en voorleggings moet ook teen Vrydag aan die departement van korrektiewe dienste gerig word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×