Oud-president Jacob Zuma word op mediese parool vrygelaat

Vroeg gisteraand is bekend gemaak dat oud-president Jacob Zuma, onder voorwaardes wat nog onbekend is, op mediese parool vrygelaat word.

Mzwanele Manyi, woordvoer van die Zuma-stigting, het kort daarna aangedui dat dit ook nog onbekend is wanneer Zuma met sy familie herenig sal word.

Manyi het aan eNCA gesê dat twee spanne dokters Zuma ondersoek het – een van die weermag, en een van die departement van korrektiewe dienste.

Skerp politieke reaksie het gevolg ná die aankondiging van vrylating.

Die DA noem dit onwettig, en ‘n bespotting van die gereg.

AfriForum beskryf dit as ‘n growwe skending van geregtigheid, en die VF Plus verwys daarna as ‘n herhaling van die Schabir Shaik-situasie.

Luister na potgooie hieronder