Suid-Afrika se regerende party, die African National Congress, ANC, het sy besluit om sy voormalige leier, Jacob Zuma te skors, bevestig en sy pogings om in die party te bly verwerp.
Die New York Times berig die ANC, wat Suid-Afrika al vir 30 jaar regeer, het Zuma in Julie geskors en hom as ‘n verraaier beskou nadat hy ‘n mededingende politieke organisasie, in ‘n poging om die ANC se oorheersing uit te daag, gestig het. In die aanloop tot ‘n deurslaggewende verkiesing vroëer die jaar het Zuma die jong party gelei.
Hy het geweier om sy ANC lidmaatskap op te gee en het verlede maand teen sy uitsetting geappelleer, hy het ook geëis om sy saak persoonlik te stel, eerder as ‘n virtuele vergadering. Verder wou hy ook hê dat die party sy interne dissiplinêre prosesse bekend moet maak. Volgens ‘n verklaring van die ANC, het Zuma se gedrag die hoogste vorm van swak discipline getoon.