Oud-Springbok-spiesgooier is oorlede

Die oud-Springbok-spiesgooier, Koos van der Merwe, is op die ouderdom van 65 na ‘n lang stryd teen demensie oorlede.

Netwerk 24 berig dat Van der Merwe, wat vroeër as narkotiseur vir die staat in Bloemfontein gewerk het, die enigste Suid-Afrikaanse spiesgooier was, wat die ou spies verder as 90 meter kon slinger.

Die oud-Springbok het ook verskeie top-spiesgooiers afgerig, en met beeste naby Rouxville in die Vrystaat geboer.

Van der Merwe is sowat drie jaar gelede in ‘n versorgingseenheid in Pretoria opgeneem, waar ‘n gedenkdiens later vandeesmaand gehou sal word.

Luister na potgooie hieronder