Die oud-Springbokhaker, Lukas van Biljon en sy familie, is Saterdagnag op ’n kleinhoewe buite Oranjeville in die Vrystaat aangeval.
Netwerk24 berig luidens die polisie het ses gewapende mans die huis kort na middernag binnegekom.
Lukas se pa, die 70-jarige André, is in sy borskas en hand geskiet terwyl hy hulp probeer ontbied het.
Die 47-jarige Lukas is verskeie kere met ‘n mes gesteek.
Die rowers het ook sy kinders vasgebind.
Die polisie en boere in die omgewing se flinke reaksie het tot die inhegtenisneming van twee verdagtes gelei.
Die twee mans word van huisroof en poging tot moord aangekla.
André se toestand is kritiek.