Bekende name soos Kate Moss, Tyra Banks en Carla Bruni is modelle wat almal nie net bo 50-jarige ouderdom is nie, maar ook onlangs aan New York se Victoria’s Secret-modeparade deelgeneem het.
Selfs Kate Moss se dogter, Lila Moss, het ook deelgeneem aan die geleentheid. Volgens Maroela Media is die modeparade in 2018 beëindig ná kritiek oor te min inklusiwiteit van alle liggaamstipes.
Vanjaar se poging is om ’n verskeidenheid vroue die geleentheid te gee om die ikoniese engelvlerke te dra.
Suid-Afrika was teenwoordig deur sangeres Tyla wat as gaskunstenaar opgetree het, en die 35-jarige skoonheid van Mooirivier, model Candice Swanepoel.