Oudit van al die land se standbeelde sal na verwagting volgende week begin

Die regering beplan ‘n omvattende oudit van al die standbeelde in die land om te besluit watter moet verwyder word en watter moet bly.

Die proses sal aanstaande week begin en sal na verwagting in Maart volgende jaar voltooid wees.

Nocawe Mafu, adjunk-minister van Sport, Kuns en Kultuur, het dié aankondiging tydens ‘n vraag- en antwoordsessie in die Nasionale Raad van Provinsies in die parlement gemaak.

Mafu sê sodra die oudit afgehandel is, sal daar met ‘n konsultasieproses begin word.

Kundiges op die gebied van geskiedenis en erfenis sal ook betrek word.

Luister na potgooie hieronder