Uit die 257 munisipaliteite landwyd het net 38, of 15%, skoon ongekwalifiseerde oudits van die ouditeur-generaal ontvang.

Die verslag van die 2021/2022-boekjaar is Woensdag deur die OG, Tsakani Maluleke, bekend gemaak.

Die verslag skets ‘n droewige prentjie van hoe belanstingbetalers se geld bestee word, berig Maroela Media.

Altesame 21 van die 38 munisipaliteite wat skoon oudits gekry het, is in die Wes-Kaap en val onder beheer van die DA.

Vier munisipaliteite in KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap elk het skoon audits gekry gevolg deur die Oos-Kaap met drie skoon oudits.

Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het elk twee skoon audits gekry.

Nie een munisipaliteit in die Vrystaat of Noordwes kon ‘n skoon oudit behaal nie.

Die OG se verslag wys dat 44% munisipaliteite ongefinansierde begrotings het terwyl daar ongemagtigde besteding van R25,47 miljard by 175 munisipaliteite, of 68%, in die land was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×