Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig dat die oudpolisiebeampte, Marius van der Westhuizen, is op parool geplaas. Van der Westhuizen het Dinsdag voor die Korrektiewe Toesig- en Paroolraad verskyn nadat hy 13 jaar van sy vonnis uitgedien het.

Hy is tot 24 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy sy drie kinders van 21 maande, vyf- en 16-jaar oud geskiet en vermoor het. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê van der Westhuizen sal die res van sy vonnis in die gemeenskapskorreksiestelsel voltooi. Nxumalo sê ook hy sal volgens paroolvoorwaardes gemonitor word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×