Oudpres Jacob Zuma het weer onder die land se regters ingeklim, die keer die regbank van die konstitusionele hof, en gesê hulle neem nie die wil van die mense in ag nie, hulle gebruik hulle eie wil.

Zuma het aan BBC gesê hy is nie verbaas die konstitusionele hof het besluit hy is nie verkiesbaar in vanjaar se nasionale verkiesing nie. Zuma het gesê hy het die uitspraak verwag en dat die regters verkeerd is. Hy het gesê die regters tree vreemd teenoor hom op en dat die grondwet eerder verander moet word. Hy het ook gesê hy moes nooit voor die einde van sy termyn as president verwyder word nie want hy weet nie wat hy verkeerd gedoen het nie of wat staatskaping is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×