Oudpresident Jacob Zuma gaan vanmiddag omstreeks twee-uur glo ʼn belangrike politieke aankondiging maak. Zuma sal glo in Soweto wees om die 62-jarige bestaansjaar van die Umkhonto we Sizwe of MK, die ANC se destydse militêre vleuel, te gedenk. Daar word bespiegel dat hy óf by die EFF gaan aansluit, óf sy eie politieke party begin wat genoem is na die MK. Die leier van die EFF, Julius Malema, het in die verlede aangedui dat Zuma welkom is om by sy party aan te sluit. Intussen het president Cyril Ramaphosa aangedui dat hy die veel bekommerd is oor die aankondiging nie. Ramaphosa het gister aan joernaliste by die Alberton Burgersentrum in Ekurhuleni gesê Zuma se aankondiging was net nog een wat hy sou maak sedert hy sy amp verlaat het.