Oudpres Thabo Mbkei het nie geskroom om sy opvolger, oudpres Jacob Zuma by die naam te noem weens sy aandeel om staatsinstellings te probeer vernietig nie. Mbeki het die week tydens ‘n gespreksessie by Unisa, waar hy kanselier is, gesê die Nugent-kommissie van ondersoek na die SA Inkomstediens, of SAID, en die Zondo-kommissie se ondersoek na staatskaping, het Zuma in die middel van die vernietiging geplaas.

Mbeki het verder gesê Zuma se nuwe party, die uMkhonto weSizwe, of MK-party, word gelei deur dieselfde mense wat die SAID en die demokratiese staat probeer vernietig het. Die SAID is verantwoordelik vir 95 tot 98% van die land se inkomste en as jy dit vernietig, word die demokratiese staat vernietig. Mbeki het gesê hy is geskok dat mense die MK-party wil steun ongeag wat Zuma aan die land gedoen het.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×