Pogings om die senior advokaat, Billy Downer, as aanklaer in oudpresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor te laat verwyder, hou ‘n bedreiging vir vertroue in die land se regstelsel in.

Aldus Downer se advokaat, Geoff Budlender, is Zuma se pogings om Downer en die ondersoekende joernalis, Karyn Maughan, privaat te laat vervolg ‘n grap.

Zuma was gister in die appèlhof in Bloemfontein, waar hy weereens probeer het om die groenlig te kry om hulle privaat te vervolg.

Zuma se appèlaansoek kom nadat die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg vroeër sy aansoek van die hand gewys het.

Die hof het gesê Zuma misbruik sy mag en dat hy die private vervolgingsproses probeer inspan om die korrupsiesaak teen hom te laat sloer.

Zuma beskuldig Downer daarvan dat hy mediese inligting onwettig aan Maughan verskaf het.

Zuma se mediese rekords is egter as bewysstukke vir sy korrupsieverhoor ingedien. Uitspraak word voorbehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×