Die konstitusionelehof het Maandag beslis dat oudpresident Jacob Zuma nie as kandidaat in volgende week se verkiesing mag staan nie. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika het Zuma se kandidaatskap aanvanklik gediskwalifiseer weens sy tronkstraf van 15 maande vir minagting van die hof in 2021.
Zuma is egter wel op die uMkhonto weSizwe (MK) Party se kandidatelys vir die verkiesing ingesluit. Die verkiesingshof het die OVK se besluit vroeër omvergewerp. Hierna het die kommissie hom met ‘n dringende aansoek tot die konstitusionelehof gewend.