Oudpresident Jacob Zuma sal vandag weet of adjunkhoofregter Raymond Zondo hom aan die staatskapingskommissie sal onttrek met die oog op Zuma se getuienis

Oudpresident Jacob Zuma sal vandag weet of adjunkhoofregter Raymond Zondo hom aan die staatskapingskommissie sal onttrek met die oog op Zuma se getuienis.
Zondo het gister gesê hy het nog tyd nodig om die dokumente deur te werk wat nodig is voor hy sy bevinding kan maak.
Maandag het Zuma se regspan en die Kommissie se regspan betoë vir en teen Zondo se onttrekking gelewer.
Zondo sal na verwagting ook reageer op Zuma se regspan se standpunt oor die aard van die verhouding tussen Zondo en Zuma.
Laasgenoemde hou vol dat hy en Zondo persoonlike vriende is, maar volgens Zondo het dit Zuma glad nie gepla in vorige hofsake waarin albei betrokke
was nie.

Luister na potgooie hieronder