Oudpresident Jacob Zuma vandag terug in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg

 Oudpresident Jacob Zuma vandag terug in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg

Foto: SABC News

Oudpresident Jacob Zuma moet vandag terug in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg wees vir ‘n voorverhoor in sy korrupsiesaak.
Luidens berigte sal die hofverrigtinge na verwagting uitgestel word.
Zuma staan tereg op aanklagte van afpersing, korrupsie, geldwassery en bedrog, nadat hy 783 betalings na bewering ontvang het in verband met die omstrede multimiljardrand wapentransaksie.
Zuma se aansoek om sy vervolging te staak is in Maart in die Appèlhof in Bloemfontein van die hand gewys.
Zuma het later die Konstitusionele hof genader, maar die aansoek in April teruggetrek.

LeandreAdmin@