Oudpresident Thabo Mbeki het gistermiddag by die ANC se gedenkdiens vir die struggle-veteraan, wyle Aziz Pahad, gesê die regerende party moet rekenskap gee vir dit wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.

Daar is volgens Mbeki reeds in ‘n 2017-ANC-verslag melding gemaak dat binnegevegte en korrupsie die party se geloofwaardigheid erg belemmer.

Dit was ook in 2017 dat die ANC sy eie vernuwing tot prioriteit verklaar het.  Dié resolusie is weer verlede Desember by die ANC se nasionale konferensie herhaal.

Mbeki, wat die hoofrede by Pahad se diens gelewer het, meen meeste probleme wat reeds in 2017 deur die ANC uitgelig is, bly onopgelos. Baie mense in die land voel die ANC het hulle “verraai”.

Pahad is twee weke gelede in die ouderdom van 82, ná ’n siekte in sy huis in Johannesburg oorlede. Hy het van 1985 tot 2007 in die ANC se nasionale uitvoerende komitee gedien en was van 1994 tot 2008 Suid-Afrika se adjunkminister van buitelandse sake.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×