Oudpresident Thabo Mbeki sê die Kill the Boer-struggle-lied hoort nie in post-apartheid Suid-Afrika gesing te word nie.

Die EFF-leier, Julius Malema, is weereens in omstredenheid gedompel toe hy dié lied einde Julie by die EFF se 10de stigtingsdagviering gesing het.

Rosestad-nuus het toe berig president Cyril Ramaphosa het gesê hy gaan hom nie oor die aangeleentheid uitlaat nie, aangesien daar ‘n hofsaak hangende is, oor die struggle-lied se bestaansreg.

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr, Elon Musk, het Ramaphosa op sosiale medaia, ten aanskoue van die ganse wêreld, hieroor aangevat.

Musk wou van Ramaphosa weet waarom die president niks oor Malema se optrede gesê het nie.

Musk het gesê hy is van mening die EFF doen aanvoorwerk vir volksmoord op wit mense in Suid-Afrika.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×