Die 81-jarige oudpresident Jacob Zuma, se wapenskandaal-korrupsieverhoor – wat nou reeds 20 jaar sloer – is vanoggend vir die soveelste keer uitgestel.

Dié keer tot Augustus.

Vanoggend se hofverrigtinge is in die hooggeregshof in Pietermaritzburg met regter Nkosinathi Chili aan die spits hervat.

Dit kom nadat regter Piet Koen hom in Februarie aan die saak onttrek het.

Zuma staan saam met die Franse wapenvervaardiger Thales, tereg op 16 aanklagte van korrupsie, bedrog, geldwassery en rampokkery.

Zuma het reeds met verskeie hofaansoeke probeer om die staatsaanklaer in die saak, advokaat Billy Downer, te laat verwyder en het nou nóg ʼn aansoek hieroor voor die hof gebring.

Zuma beskuldig Downer van die lek van mediese inligting aan die media, via die News24-joernalis Karyn Maughan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×