ʼn Woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, sê die oudpresident raadpleeg ʼn regspan met betrekking tot ‘n terugbetaling van nagenoeg R29-miljoen.

Die presidensie en die staatsprokureur het vroeër die maand die hooggeregshof in Pretoria genader, in ‘n poging om die geld van Zuma te verhaal. Dit is die bedrag wat die staat aan die oudpresident se verdediging in die wapentransaksie-korrupsiesaak spandeer het.

Die stap kom op die rug van ‘n 2018-hofbevel om die geld te vorder, toe daar ‘n bevind is dat die staat nie aanspreeklik is vir regskoste wat Zuma in sy persoonlike hoedanigheid aangegaan het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×