Oudregter Johann Kriegler, sê dit het tyd geword dat die regterpresident van die Hooggeregshof in Kaapstad, John Hlophe van die regbank geskors word

Oudregter Johann Kriegler, nou voorsitter van die drukgroep – Freedom under Law – sê dit het tyd geword dat die regterpresident van die Hooggeregshof in Kaapstad, John Hlophe van die regbank geskors word weens onbevoegdheid.

Dit volg Hlophe se onlangse uitspraak waar hy ANC-parlementslid, Bongani Bongo, wat van bedrog en omkopery aangekla is, vrygespreek het.

Volgens Kriegler is Hlophe se uitspraak in die saak ooglopend en doelbewus foutief.

Hy sê Hlope se uitspraak kom neer op ernstige wangedrag en beïnvloed die regsproses.

Hlophe het Bongo, wat ‘n voormalige minister van Staatsveiligheid is, vrygespreek op die aanklag dat hy ‘n ondersoek na Eskom in 2018 probeer ontspoor het.

Luister na potgooie hieronder