Twee voormalige polisiesersante van Bloemfontein wat daarvan aangekla is dat hulle by die geldwassery van misdaadgeld in ‘n casino in die stad betrokke was, is op alle aanklagte teen hulle vrygespreek.
Volgens Netwerk24 was hull voorheen lede van ‘n spesiale taakspan wat transitrooftogte in die Vrystaat ondersoek het.
Tydens hul hofsaak het die staat aangevoer dat hulle inkbevlekte geldnote gebruik het om te dobbel.
Die geld is dan as weer as geld wat gewen is opgeëis. Luidens verklarings van die Valke was daar vermoed dat die twee moontlik die geld op misdaadtonele gesteel het.
Die twee wat intussen deur die polise ontslaan is, het op 49 aanklagte tereggestaan.