Ouers en studente word gewaarsku om vir onwettige private kolleges op die uitkyk te wees.

The Citizen berig Adjunkminister van Hoër Onderwys, dr. Mimmy Gondwe, het tydens die bekendstelling van die veldtog om hierdie kolleges bloot te lê haar kommer oor die onwettige private instellings uitgespreek. Gondwe se sy is hartseer dat die kwessie, ondanks vorige bewusmakingspogings deur die departement, voortduur.

Sy het verskeie sleutelaanwysers uitgelig wat die publiek kan gebruik om te bepaal of die kollege wettig is of nie.

Leerders en ouers moet by privaat instellings vir hoër onderwys oplet of die registrasiesertifikaat wat deur die departement uitgereik is, op die perseel vertoon word.

Verder het sy gesê dit deur die Suid-Afrikaanse Grondwet vereis word dat private onderwysverskaffers by die Departement van Hoër Onderwys registreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×