Ekonome en beheerliggaamverenigings waarsku dat staatskole se jaarlikse skoolgeldverhogings, wat bo inflasie is, daartoe sal lei dat meer ouers om fooivrystelling aansoek doen.
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) raam dat skole, waar skoolgelde die jaar betaalbaar is, vrystellings van tussen sewe en tien komme agt miljard rand aan sukkelende ouers kan toestaan.
Die adjunk-uitvoerende hoof van Fedsas, Riaan van der Bergh, sê die struktuur van die vrystellingsformule beteken dat soos fooie styg, die aantal gesinne wat vir verligting kwalifiseer ook toeneem.
Staatskoolgeld word bepaal tydens die jaarlikse begrotingsvergadering wat ouers in Oktober of November die vorige jaar bywoon.