Die Noord-Kaap se LUR vir Onderwys, Abraham Vosloo, het ouers, voogde en die bestuur van skole gevra om te let na wat hul kinders eet. Dit volg nadat ‘n leerling twee tablette in ‘n pakkie snoepgoed gevind het wat hy by ‘n smous buite die Kenhardt Primêre Skool gekoop het.

SABC-nuus berig die departement se woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, sê wetstoepassingsagentskappe ondersoek die voorval waarin twee wit tablette in ‘n pakkie van die peuselgoed gevind is.

LEES MEER: Chemiese middel glo agter vlaag voedselvergiftigingsvoorvalle

Intussen het die DA in Gauteng gevra dat ‘n multidisiplinêre span gevorm word om die sterftes te ondersoek van kinders wat dood is nadat hulle besmette kos van spazawinkels geëet het. Nege kinders, waarvan ses van Soweto, twee van Katlehong en een van Alexandra afkomstig is, is die afgelope maand dood nadat hulle eetgoed geëet het wat by spazawinkels gekoop is.

‘n DA-lid van die Gautengse wetgewer sê die sterftes moet as moord bestempel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×