Ouers het gemengde reaksie gehad op die aankondiging dat skole sal oop bly te midde van stygende infeksies

Ouers het gemengde reaksie gehad op die aankondiging van die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, dat skole sal oop bly te midde van stygende Covid-19 infeksies.

Motshekga het Saterdag gesê dit is nie in hierdie stadium nodig dat alle skole gesluit word nie.

Volgens haar sal elke provinsie sy eie situasie monitor en daarvolgens optree. Luidens berigte sê sommige ouers skole moet sluit terwyl die land gebuk gaan onder ‘n derde vlaag van die virus.

Ander meen egter die virus gaan nog lank met ons wees, en dat leerlinge eerder die veiligheidsmaatreëls moet na kom, eerder as nie skoolgaan nie.

Luister na potgooie hieronder