Woedende ouers het ‘n bewaarskrif opgestel nadat die taalbeleid van Louw Wepener Gekombineerde Skool in Wepener glo eensydig verander is.
Netwerk24 berig volgens dié beleid kan kinders in Sotho of in Engels onderrig ontvang. Ouers sê egter hoewel daar belowe is dat Afrikaans as ‘n vak teruggebring sou word, is daar nog geen teken hiervan nie.
Hulle voeg by dat die onderwysers steeds glo alles slegs in Sotho verduidelik, en dat kinders verveeld raak aangesien hulle nie Sotho-magtig is nie.
Woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, Howard Ndaba, het by navrae van Netwerk24 gesê die skool is ‘n parrellelmedium skool en dat die besluit vanaf die skool se beheerliggaam kom.