Die polisie in die Oos-Kaap het ouers van regoor die land gewaarsku om hul kinders altyd naby en binne sig te hou. Dít volg ná die arrestasie van twee vroue Maandag in Clearly Park in Gqeberha. Volgens die polisie het die vroue na bewering ‘n eenjarige meisie uit ‘n trollie in ‘n winkel gegryp. Toe die pa van die kind besef sy word vermis, het hy dit by die winkel se sekuriteit aangemeld. Die sekuriteitsbeampte het die verdagtes voorgekeer voordat hulle kon wegkom. Die provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Priscilla Naidu, het gesê dit is belangrik dat ouers te alle tye waaksaam bly.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×