Die 6-jarige klein Bloemfonteinertjie, Tennique Joubert, wat sedert verlede week Vrydag in ‘n koma was, het haar ogies opgemaak.
Tennique het ‘n motorongeluk op die N8 by die Aljo’s Spar, net buite Bloemfontien, oorleef, waar drie van haar mede skoolleerlinge oorlede is.
Haar oupa, Johan Joubert, sê aan Rosestad-nuus sy “klein juweeltjie” beweeg al die regterkant van haar lyfie en reageer op haar besoekers, deur hul hande te druk.
Intussen word daar Saterdag van die boeties Ryan en Ayeden Smit, saam met hul niggie Leané Papendorp, by die Klipkerk in Bloemfontein afskeid geneem.